Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

ONDERSTEUNING AAN BOERE IN DROOGTEGETEISTERDE NOORD-KAAP

Julie 2019

Die Kangnas-windkragaanleg het ’n helpende hand aan Noord-Kaapse boere in die Springbok-omgewing verleen wat nadelig deur die voortdurende droogte in die steek geraak word.

Die windkragaanleg het befondsing vir droogteverligtingshulp aan skaap- en veeboere beskikbaar gestel. Talle boere in die omgewing is weens ’n wesenlike afname in reënval in die gebied nie meer in staat om hul kuddes te voer nie.

Die Boesmanland-boere-unie, wat uit 34 lede en opkomende boere bestaan, sukkel reeds die afgelope vyf jaar weens die feit dat die gemiddelde reënval in die gebied van 100 mm tot ongeveer 30 mm per jaar afgeneem het.

“Die wesenlike afname in reënval veroorsaak dat boere sukkel. Die boere moet nou voer vir hul vee koop en dit het finansieel ’n verlammende uitwerking op hulle,” verduidelik Cheryl Persensie, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die Kangnas-windkragaanleg.

Die voortdurende droogte het tot gevolg gehad dat sommige boere hul vee moes verkoop om aan die lewe te bly. Die droogte is ook besig om die breër gemeenskap te raak aangesien hulle van boere afhanklik is vir sekere voedselprodukte.