Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

280 WINDTURBINE-KOMPONENTE IN SPRINGBOK AFGELEWER

October 2019

Meer as 45% van die 610 windturbine-komponente wat vir die Kangnas-windkragaanleg bestem is, is reeds by die bouperseel buite Springbok afgelewer. Die komponente is vanaf die hawe by Saldanha en Atlantis in die Weskus na Springbok vervoer.

Die eerste toring-gedeelte is in Mei vanjaar vanaf Atlantis vervoer. Die rotors, lemme, generators en ander komponente is vanaf die hawe in Saldanha vervoer. Daar word verwag dat al 610 komponente, wat meer as 30 000 ton weeg, teen April 2020 die windkragaanleg se konstruksieperseel sal bereik.

Wanneer die windkragaanleg voltooi is sal dit oor die kapasiteit beskik om 563,5 gigawatt-uur se skoon hernubare energie aan die Suid-Afrikaanse kragnetwerk te voorsien. Dit is genoeg om 120 000 huise elke jaar van krag te voorsien.