Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

HOE JOU PLAASLIKE WINDPLAAS KRAG PRODUSEER

Junie 2023.

Terwyl duisende mense regoor die wêreld betrokke is by die produsering van energie vanaf die wind, bly windenergie vir baie nogsteeds ‘n raaisel. Dus, ter viering van Globale Winddag (15 Junie 2023), wil Kangnas-windkragaanleg graag die basiese beginsels van hoe elektrisiteit uit windturbines geproduseer word, aan gemeenskappe in en om die omgewing van die Noord-Kaap verduidelik. Dit sal ook verduidelik waarom gemeenskappe wat naby aan windplase geleë is, steeds beurtkrag ervaar.

HOE WINDTURBINES ELEKTRISITEIT PRODUSEER EN WAARHEEN DIT GAAN:

  • As die wind voldoende waai, word windenergie deur die draaiende turbinelemme na meganiese energie omgeskakel.
  • Die turbinelemme dra hierdie meganiese energie oor, via die as en ratkas (die groot boks bo-op die turbine), na die elektriese kragopwekker wat die meganiese energie in elektriese energie verander.
  • Hierdie elektriese energie word dan met die kragnetwerk versoenbaar gemaak.
  • Die netwerkversoenbare energie word vanaf die Windturbines via ‘n netwerk van ondergrondse kabels oor die windplaas na die projeksubstasie gevoer. Die substasie vorm die verbindingspunt tussen ons “plaaslike” windplaasnetwerk en Eskom se nasionale netwerk.
  • Eskom se netwerk “verskaf” dan hierdie energie aan sy verbruikers regoor die provinsie en land.

OOR GLOBALE WINDDAG (GWD):

GWD is ‘n wêreldwye gebeurtenis wat jaarliks op 15 Junie plaasvind. Dit is ‘n dag vir die ontdekking van wind, sy krag en die moontlikhede wat dit inhou om ons wêreld te verander. In meer as 80 lande wêreldwyd is windplase in werking wat energie uit ‘n skoon en hernubare bron opwek.