Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

BEURS SKEP GELEENTHEDE VIR PLAASLIKE STUDENTE

Mei 2022.

‘n Totaal van agt plaaslike studente van Springbok, ‘n klein gemeenskap in die Noord-Kaap, is beurse toegeken vir die 2022 akademiese jaar. Kangnas-windkragaanleg befonds die beursprogram, wat ‘n totaal van 12 studente in die omgewing ondersteun, met die oog om jong leiers te huisves en positiewe sosiale veranderinge aan te moedig.

“Met Springbok wat ‘n plattelandse dorp is, is toegang tot tertiêre onderwys beperk. Sonder finansiële ondersteuning kan studente dit nie bekostig om hoër onderwys instansies by te woon nie. Dit is ons doel om die jeug van die gemeenskap te bemagtig en ondersteun om suksesvol te wees asook ‘n verskil te maak,” verduidelik Rouchet Daniels, Ekonomiese Ontwikkelings Bestuurder vir Kangnas.

Die beursprogram is daarop gemik om leerlinge van gemeenskappe in die spesifieke manisipaliteits gebied te ondersteun, met die oog op nuwe begunstigdes wat alreeds hul studies begin het. Een so ‘n student is Linzay Cloete, wat tans in haar derde jaar is en ‘n Baccalaureusgraad in Maatskaplike Werk volg by die Hugenote Kollege in Wellington.

Sy verduidelik hoe die beurs haar finansiële stress verminder het, “My geestesgesondheid het grootliks daar onder gely omdat ek konstant bekommerd was oor finansies en die onsekerheid wat gepaard gaan aan of ek met my studies sal kan aanhou die komende jaar. My hoop was herstel toe ek die e-pos ontvang wat bekend maak dat Kangnas-windkragaanleg my potensiaal raakgesien het en my as ‘n kandidaat gekies het vir die beurs.”

Sy beplan om haar graad in 2024 te voltooi en dan vir haar Meesters Graad in Maatskaplike Werk aansoek te doen met haar fokus op Kriminologie of Kindergeregtigheid.

As ‘n klein gemeenskap, bied Springbok min werksgeleenthede en het ‘n hoë werkloosheidsyfer. Bowendien is daar nie genoeg finansiële ondersteuning vir die jeug om verdere studies na te streef nie. Die beurs program voorsien aan studente die geleentheid om verder te studeer en terug te ploeg in hul gemeenskappe.