BEVORDER GEMEENSKAPSGEES EN ATLETIESE UITNEMENDHEID |
Oktober 2024.
Sport speel ‘n deurslaggewende rol in die bevordering van gesonde leefstyle, die aanmoediging van fisieke aktiwiteite en die bou van noodsaaklike vaardighede onder jeugdiges en volwassenes. Met dit in gedagte het Kangnas-windkragaanleg met trots met die Namakwa Sportraad saamgewerk om ‘n reeks opwindende rugby- en netbaltoernooie wat onlangs regoor die Namakwa-streek gehou is, te borg. Die borgskap, wat medaljes, trofeë en prysgeld verskaf het, het ten doel gehad om die toewyding en prestasies van die streek se talentvolle atlete te erken en te vier.
“Sport is ‘n noodsaaklike hulpmiddel vir beide jeug- en gemeenskapsontwikkeling. Dit kan toeganklike geleenthede skep, sosiale eenheid aanmoedig en ontspanningsruimtes bied vir persoonlike groei en sosiale interaksie. Boonop stimuleer hierdie toernooie plaaslike ekonomiese groei deur toerisme en geleenthede, terwyl gemeenskapsleiers en vrywilligers ontwikkel word,” sê Rouchet Daniels, Ekonomiese ontwikkelingsbestuurder van Kangna-windkragaanleg.
Deur die winkragaanleg se borgskap het verskeie sportkodes soos rugby, netbal, sokker, veerpyltjies, krieket en tafeltennis baat gevind. Die ondersteuning was instrumenteel om die plaaslike klubs die geleentheid te bied om prysgeld te verdien wat vir vervoer, nuwe toerusting en sporttoerusting aangewend kan word.
“Die wndkragaanleg se verbintenis tot die ondersteuning van sportinisiatiewe het ‘n gees van spanwerk en inklusiwiteit onder plaaslike spanne aangewakker. Die ondersteuning het geleenthede geskep vir die jeug om hul vaardighede te ontwikkel, gesonde leefstyle te bevorder en blywende vriendskappe te bou,” het Aiden Steenkamp, hoofafrigter van Rangers RFC, gedeel.
Die geborgde byeenkomste sluit in, Logan Rugby Sewes; Namakwalandse Sewes; Namakwaland Fast Fives; Eleonor Louw Fast Fives; Namakwaland Manlike Netbaltoernooi; en die Logan Rugby League Finals.