Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

BIODIVERSITEITSPROJEK LAAT TOE VIR EKONOMIESE ONTWIKKELING

20 April 2022.

’n Ekologiese en biodiversiteitsprojek is van stapel gestuur om ’n uitgebreide stuk grond naby die groter Goegap-natuurreservaat (GNR) in die omgewing van Springbok te beskerm. Die biodiversiteitsprojek bied ook die geleentheid vir ekonomiese ontwikkeling. Die program sal tot die opheffing van die plaaslike gemeenskap bydra deur entrepreneuriese ontwikkeling, indiensneming, die ontwikkeling van vaardighede en kapasiteitsuitbreiding.

Die projek word deur die Kangnas-windkragaanleg befonds en JLK Business Consulting, ‘n plaaslike onderneming, is as die implementeringsvennoot aangestel. JKL Business Consulting sal toesien dat ekologiese rehabilitasie geskied en dat beskermde gebiedbestuursaktiwiteite uitgevoer word. Die projek staan as die Oranjefontein-biodiversiteitsprojek bekend en verskaf werk aan vyf algemene werkers en vyf veldwagters.

“Dit was vir ons belangrik om ’n plaaslike maatskappy aan te stel sodat die gemeenskap deel kan wees van die ontwikkeling wat plaasvind. Ons wil ’n positiewe, betekenisvolle en langdurige sosio-ekonomiese verandering binne die gemeenskap bewerkstellig,” sê Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by die Kangnas-windkragaanleg.

Die windkragaanleg het ’n ten volle gemeubileerde kantoor aan JKL Business Consulting beskikbaar gestel en befonds ook die kleinsake-onderneming.

“Die projek skep die geleentheid vir uitbreiding en danksy die projek het ons ‘n nuwe marksektor betree. Ons doen in die proses ook waardevolle ondervinding in die velde van menslike hulpbronbestuur, betaalbestuur en projekbestuur op,” sê George MacDonald, direkteur en eienaar van JLK Business Consulting.