Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

ENTREPRENEURSDAG HELP KLEIN PLAASLIKE BESIGHEDE

November 2022.

Meer as 30 jong sake-eienaars het ‘n Entrepreneursdaggeleentheid bygewoon, wat gefokus het op die ontwikkeling en volhoubaarheid van klein besighede van, in en om die Springbok-omgewing. Hierdie geleentheid, wat op 14 Oktober 2022 by die Springbok-sportterreinsaal, Noord-Kaap gehou is, is deur Kangnas-windkragaanleg befonds en vorm deel van ‘n breër en deurlopende ontwikkelingsinisiatief wat daarop gemik is om klein plaaslike sake-eienaars by te staan.

“Ons het gevind dat wanneer Versoeke Vir Kwotasies / Voorstelle aan plaaslike KMMO’s gestuur word, die meeste van hulle nie voldoen nie en dus befondsingsgeleenthede misloop. Kangnas-windkragaanleg wil besighede ondersteun sodat hulle kan groei asook geleenthede binne hul eie gemeenskappe kan uitbrei,” het Rouchet Daniels, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Kangnas-windkragaanleg, verduidelik.

Hierdie jaarlikse geleentheid bied entrepreneurs geleenthede om nakoming te bereik, by verskillende belanghebbendes soos die Departement van Arbeid te leer, asook om insigte te verkry in die interne prosesse van hierdie belanghebbendes.

“Tydens die geleentheid kon ek met ‘n paar van die belanghebbendes ontmoet wat my kan help om my besigheid te laat groei, insluitend die banke, wat my kan ondersteun met die vestiging van ‘n besigheidsbankrekening en finansieringsgeleenthede,” het Rebecca Shadad, wat ‘n kleinsake-eienaar en begunstigde van hierdie program is.

Daarbenewens sal Kangnas-windkragaanleg werkswinkels in al agt plaaslike dorpe aanbied om hul toelaebefondsing en aansoekproses te verduidelik.