Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LEERLINGE VAN HOËRSKOOL NAMAKWALAND RAAK OPGEWONDE OOR GROENENERGIE

Maart 2020

Altesaam 264 leerlinge van Hoërskool Namakwaland het pret gehad toe hulle onlangs meer oor windenergie en ander vorms van hernubare energie geleer het. Dit is deel van die Kangnas-Windkragaanleg se skoleprogram. Die program help om bewustheid te skep en leerlinge aan die basiese beginsels van hernubare energie bekend te stel.

Leerlinge van Hoërskool Namakwaland was baie geïnteresseerd nadat hulle windturbines gesien het en sal graag die Kangnas-Windkragaanleg wil besoek.

Die sessie was leersaam en interaktief en leerlinge kon potloodkissies met skryfbehoeftes wen indien hulle vrae reg beantwoord het.
Die program teiken honderde hoërskoolleerlinge en bied inligting oor skoonenergie en die loopbaangeleenthede wat die windkrag-industrie bied.

Die program se hooffokus is opvoeding en bewusmaking ten opsigte van windkrag en help om leerlinge se belangstelling in hernubare energie te prikkel sodat hulle eendag loopbane in die hernubare energie sektor kan oorweeg. Dit help leerlinge ook om die konstruksieproses te verstaan en wys hulle hoe die gemeenskap gedurende die konstruksiefase en daarna sal baat met ’n windkragaanleg op hul voorstoep.