Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LUSERN EN VOERVERSKAFFER ONTVANG VRAGMOTOR

18 Januarie 2022.

As ‘n begunstigde van die landbouprogram wat ondersteuning aan kleinsakeondernemings in die Nama Khoi-omgewing bied het Arenda Saal, ’n plaaslike lusernboer en voerverskaffer, ’n agt ton vragmotor ontvang. Dit sal haar help om haar onderneming Saclova se opbrengs te verbeter.

“Ons doelwit is om terug in ons gemeenskap te ploeg, om die mense te dien en ’n verskil in boere se lewens te maak,” sê Arenda Saal, direkteur van Saclova. Sy het planne om werke te skep en opbrengste te verbeter en om produkte aan plaaslike boere te voorsien sodat hulle hul eie voergewasse kan kweek.

Dit is een van die plaaslike kleinsakeondernemings wat vir ‘n periode van 12 maande finansiële en nie- finansiële ondersteuning van die Kangnas-windkragaanleg ontvang het. Dit vorm deel van Kangnas se ondernemingsontwikkelingsinisiatiewe wat ’n hupstoot aan die plaaslike landbou-ekonomie bied.

“Landbou is een van sleutelsektore van die Namakwalandse ekonomie. Die voortslepende droogte, sowel as die gevolge van COVID-19 het dit moeilik vir ontluikende boere gemaak om hul ondernemings uit te brei,” verduidelik Kangnas-windkragaanleg se woordvoerder.

Die landbouveldtog het plaaslike entrepreneurs gelok wat almal uit die samewerkende vennootskap tussen die Kangnas-windkragaanleg, Radio NFM, die kleinsake-ontwikkelingsagentskap (Seda) en die Step-Up-stigting gebaat het.