Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

MANDELADAG OP GEPASTE WYSE GEVIER

Julie 2021

’n Span van die Kangnas-windkragaanleg het Huis Harmony vir bejaardes in Bergsig ter viering van Mandeladag besoek om broodnodige persoonlike beskermende toerusting (PBT) af te lewer.

“In hierdie pandemie is dit van kardinale belang om met PBT toegerus te wees, veral omdat ons daagliks met kwesbare persone werk. Ons kan nie Kangnas genoeg bedank vir hul bydrae tot ‘n veilige Huis Harmonie nie,” sê Liz Rooi van Huis Harmony.

Huis Harmony vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar. Die tehuis vir bejaardes bied verblyf aan 41 inwoners. Daar is 30 personeellede wat na hulle omsien. Huis Harmony is ’n begunstigde van Masked Heroes, ’n nie-winsgewende organisasie wat op die beskerming van gemeenskapsorgwerkers soos gesondheidswerkers, nooddienspersoneel en maatskaplike werkers by verskeie organisasies regoor Suid-Afrika fokus.

“Vanjaar vind Mandeladag teen die agtergrond van die derde golf van Covid-19 plaas. Ons het daarom besluit om Masked Heroes te steun. Ons hoop dat dit die oordrag van die virus na oumense sal keer, aangesien hulle van die kwesbaarste lede van ons gemeenskap is,” verduidelik Cheryl Persensie, bestuurder van ekonomiese ontwikkeling by die Kangnas-windkragaanleg.

Altesaam 4 000 mediese maskers, termometers, ’n groot hoeveelheid handreinigers en mediese oorpakke is geskenk. Geysers en ’n skootrekenaar is ook geskenk. Die skootrekenaar sal gebruik word vir kringtelevisie-sagteware op te installeer en om daaglikse bywoning, sowel as inwoners se daaglikse temperatuurlesings te monitor.