Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

NUWE ELEKTRONIESE SLIMBORDE VIR KLASKAMERS

Maart, 2021.

Skole in die Namakwa-distrik kan nou met behulp van e-tegnologie die 21ste eeu betree. Ou swartborde is besig om plek te maak vir elektroniese slimborde, wat onderwysers se vaardighede sal aanvul en ’n doeltreffender leeromgewing sal skep, veral in die sogenaamde “STEM”-vakke (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde). Die nuwe slimborde vul die Departement van Onderwys se strategie om digitale tegnologie aan plaaslike hoërskole beskikbaar te stel aan.

“Buiten die nuwe digitale tegnologie wat in klaskamers uitgerol word, word onderwysers ook bygestaan met opleiding en gewys hoe om die interaktiewe slimborde ten volle te benut. Ons help ook om Wi-Fi-verbindings aan ses plaaslike skole wat uit die projek baat te voorsien,” sê Cheryl Persensie, bestuurder vir Ekonomiese Ontwikkeling by die Kangnas-windkragaanleg.

Die raakskerms is interaktief. Wanneer rekenaars met die borde gekonnekteer word kan beelde op die skerms geprojekteer word. Dit sal help om klasse interessant te maak en konsepte beter aan leerlinge te verduidelik sodat hulle beter kan verstaan.

“Die slimborde is ontsettend voordelig en neem ons klaskamers die 21ste eeu binne. Aangesien ons te midde van die vierde industriële revolusie is kan ons nie meer alleenlik op outydse swartborde in die klaskamer staatmaak nie. Hierdie slimborde kon nie op ’n beter tyd hier aangekom het nie,” sê Marischa Stevens, ’n onderwyser by die SA Van Wyk Hoërskool.