Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

ONDERSTEUNING AAN VROUEONDERNEMINGS

Augustus 2020

Die kollig het tydens Vrouemaand op plaaslike ondernemings wat deur vroue besit word geval. Een van hierdie ondernemings vervaardig maskers om beskerming teen die COVID-19 virussiekte te bied. Octavia van den Heever is een van drie plaaslike entrepeneurs in die gemeenskap wat deur die Kangnas-windkragaanleg ondersteun word. Sy vervaardig maskers en genereer op dié wyse ook ’n inkomste.
“Sedert die landwye staat van inperking in Maart 2020 aangekondig is, het talle ondernemings gevou en moes hulle gevolglik sluit. Dit het veroorsaak dat talle mense hul werke verloor het en het oorweldigende onsekerheid oor die toekoms geskep. Die ondersteuning wat aan ons gebied word is soos ’n lig in ’n donker tonnel. Ek kan nou weer kos op die tafel sit,” verduidelik Octavia van den Heever, eienaar van Elvic VP Enterprise.

Sy het in 2005 ’n onderneming op die been gebring wat funksies bestuur en dekor verhuur. “Ek het in ‘n naaimasjien en ander toerusting belê om my eie tafeldoeke, oortreksels en stoelbedekkings te maak, maar Covid-19 het alles tot stillstand gedwing. Dit is hoe ek begin het om maskers te ontwerp en te maak.”

“Ons help hierdie klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO’s) deur hulle van materiaal met handelsmerke, draad, elastiese band en ‘n binnelaag te voorsien. Wanneer die maskers voltooi is koop ons dit terug om aan die Departement van Onderwys, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die personeel van die rampbestuurspan wat by die padblokkades werk, sowel as aan die gemeenskapslede te versprei. KMMO’s is van die ondernemings wat die hardste deur die COVID-19-krisis getref is. Ons help plaaslike inwoners om op hierdie wyse ‘n inkomste te verdien en hul gesinne gedurende hierdie moeilike tyd te ondersteun,” verduidelik Cheryl Persensie, bestuurder van ekonomiese ontwikkeling by Kangnas-windkragaanleg.

Altesaam 8000 maskers sal plaaslik vervaardig en gratis deur die windkragaanleg versprei word.