Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

OPKOMENDE ENTREPRENEURS WEN JEUG BESIGHEIDS KOMPETISIE

Februarie 2025.

Brumilda Mouton en Danwill Englebrecht, van Springbok, is aangewys as die wenners van ‘n Youth Business Development-kompetisie, wat daarop gemik is om jong, aspirant-entrepreneurs van 18 tot 35 in die Namakhoi-omgewing te bemagtig. Die kompetisie, wat verlede maand van stapel gestuur is, met 15 gemeenskap-entrepreneurs wat vir die geleentheid aansoek gedoen het, het aan aspirant-besigheidseienaars die kans gebied om hul innoverende idees tot lewe te bring deur middel van befondsing, mentorskap en besigheidsontwikkelingsondersteuning.

Met die erkenning van die uitdagings wat baie jongmense in die gesig staar om ‘n besigheid te begin en te laat groei, het Kangnas-windkragaanleg hierdie inisiatief gefinansier om ekonomiese ontwikkeling te bevorder en betekenisvolle geleenthede vir plaaslike jeug te skep. Deur deelnemers met die nodige hulpbronne en vaardighede toe te rus, poog hierdie inisiatief om entrepreneurspotensiaal te ontsluit en by te dra tot die plaaslike ekonomie.

“Ons glo in die krag van die jeug om verandering en ekonomiese groei aan te dryf. Deur in jong entrepreneurs te belê, poog die kompetisie om hindernisse af te breek wat baie verhoed om die sakewêreld te betree. Hierdie inisiatief bied nie net finansiële ondersteuning nie, maar bied ook netwerkgeleenthede, marktoegang en noodsaaklike besigheidsopleiding,” het Rouchet Daniels, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Kangnas-windragaanleg, gesê.

Deelnemers is amper ewe verdeel met agt vroue en sewe mans wat vir die kompetisie aansoek gedoen het deur ‘n gedetailleerde besigheidsvoorstel in te dien, wat hersien is om te verseker dat hulle aan die vereiste kriteria voldoen. Daar is ook van die deelnemers verwag om hul idees aan ‘n paneel beoordelaars voor te lê, wat deelnemers geëvalueer het op grond van die oorspronklikheid en innovasie van hul idee, haalbaarheid en volhoubaarheid, gemeenskapsimpak, en die kwaliteit van hul voorstel en aanbieding. Die wenners is ná die evalueringsproses op 8 Februarie 2025 aangekondig.

Brumilda het die beoordelaars beïndruk met haar innoverende 5-in-1-springpak vir vroue, wat ontwerp is om alle liggaamstipes met ‘n aanpasbare en vleiende pasvorm te omhels. Sy beskryf haar produk as ’n selfvertroueversterker, wat vroue bemagtig om gemaklik in hul eie vel te voel.

“Hoewel ek senuweeagtig was om my besigheidsvoorstel aan te bied, het die paneel my op my gemak laat voel. My boodskap aan ander is om nooit op te hou probeer nie. Ek het besluit dat 2025 die jaar van aksie is,” het sy gedeel.

Danwill se sake-idee het ‘n sleuteluitdaging aangespreek waarmee baie entrepreneurs in die Noord-Kaap gekonfronteer word, naamlik die gebrek aan ‘n toegewyde digitale markplek. Sy oplossing was om ‘n platform, Omnimall, te skep wat plaaslike besighede met verbruikers verbind en entrepreneurs help om ‘n sterker digitale teenwoordigheid te vestig.

“Toe ek as die wenner aangekondig is, het ek nie geweet hoe om te voel nie. Dit het nog nie heeltemal ingesink nie. Op die oggend van die geleentheid was ek senuweeagtig, maar sodra ek my voorstel gelewer het, het ek ‘n gevoel van verligting gehad. Vir my mede entrepreneurs wil ek sê dit lyk altyd onmoontlik totdat dit klaar is,” sê die 24-jarige sagteware-ontwikkelaar van Concordia, Namaqualand.

As die gekose wenners het Brumilda en Danwill aanvangsbefondsing ontvang om hul besighede te help begin; besigheidsregistrasie-ondersteuning; opleiding in besigheidsbestuur; en ses maande se mentorskap om hulle in hul entrepreneursreis te lei.