PLAASLIKE WASSERY VASBESLOTE OM SUKSESVOL TE WEES |
Februarie 2023.
Met finansiële en mentorskap kon ‘n Matjieskloof-gemeenskapslid, mev Wendy Hendricks, ‘n wasserybesigheid, wat plaaslike werk en dienste aan hierdie klein dorpie en omliggende gemeenskappe verskaf, toerus en laat groei.
Nadat sy vir ‘n jaar ‘n gaping in die plaaslike wasgoedmark geïdentifiseer het, het hierdie entrepreneur Wendy’s Laundry gestig, wat daarna befondsing van die nabygeleë Kangnas-windkragaanleg ontvang het as deel van sy Oranjefontein-biodiversiteitsprogram. Die besigheid het baat gevind by beide noodsaaklike toerusting en ander nie-finansiële dienste om te help om die besigheid in stand te hou en te laat groei.
“Die ondersteuning was uiters nuttig, en ek is baie dankbaar vir die toerusting wat my sal help om my besigheid suksesvol te bestuur. Ek het ook finansiële bystand ontvang, wat my in staat gestel het om op noodsaaklike behoeftes soos ’n watertenk te fokus,” sê mev Hendricks.
Kangnas-windkragaanleg het tot op hede vir Wendy’s Laundry twee wasmasjiene gekoop; een tuimeldroër; een kragopwekker; een industriële skaal; twee strykysters en ysterplanke; asook waspoeier en wasversagmiddel. Op die oomblik werk die besigheid van die huis af en vaar goed danksy die ondersteuning van die plaaslike inwoners.
“Dit is my droom en doelwit vir my wasseryonderneming om baie suksesvol te word en te groei. Ek wil graag meer wasserye oopmaak in ander gebiede waar daar tekorte aan werk vir vroue is,” het mev Hendricks bygevoeg.