PRET AS DEEL VAN MANDELADAG-VIERING |
Julie 2022.
As deel van die Mandeladag-viering vanjaar is graad 3-leerders van Sacred Heart Primêre Skool en St Cypria Primêre Skool, in Nababeep, met skoolbenodighede en tuinbeginstelle toegerus. Mandeladag, wat jaarliks op 18 Julie waargeneem word, word gewy aan die eer van die nalatenskap van Nelson Mandela en is ‘n geleentheid vir almal om tot aksie oor te gaan en verandering te inspireer.
‘n Kospakkie, kleurpotlode, en sportwaterbottels is deur Kangnas-windkragaanleg aan elke leerder geskenk, met elke skool wat ook drie bokse kopiepapier ontvang het.
“Die leerlinge was besig met prettige aktiviteite, insluitend rolspel oor Nelson Mandela se geskiedenis en die groei van hul eie tuin. Om hulle te help om hul tuine te begin, het ons vier soorte sade aan elke skool uitgedeel: groen soetrissiesaad, uiesaad, pampoensaad en beetsaad,” het Rouchet Daniels, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Kangnas-windkragaanleg, gesê.
Deur die loop van die jaar sal ‘n Kangnas-windkragaanleg personeellid elke derde maand die skole besoek om die vordering van die tuine te assesseer. Na een jaar sal ‘n prys toegeken word aan die skool wat die meeste vordering gemaak het.