Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

SES PLAASLIKE HOËRSKOLE NEEM DEEL AAN ‘N WINDDAGKOMPETISIE

Junie 2022.

Leerders van reg oor die ses Springbok gemeenskapshoërskole het pret gehad om werkende model turbines te bou as deel van ‘n Wêreld Winddagkompetisie. Gevier reg oor die wereld op 15 Junie, Wêreld Wind Dag, is ‘n dag om meer te leer van wind energie asook al die moontlikhede wat dit besit om die wêreld te verander.

Ses graad 8 tot 9-leerders was geskies om deel te vorm van ‘n span wat elk hul skool in die kompetisie verteenwoordig het en was ‘n tydperk gegee van drie weke om die projek te voltooi. Hoërskool SA van Wyk en Hoërskool Namaqualand was aangewys as die wenners van hierdie kompetisie en is uitgenooi om Kangnas-windkragaanleg later die jaar te besoek.

Die skole wat deelgeneem het sluit in Hoërskool Concordia; Hoërskool Okiep; Hoërskool SA van Wyk; Hoërskool Namaqualand; Hoërskool St Anna; en Hoërskool Nababeep.