Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

SPORT HELP OM GEMEENSKAPPE TE BOU

8 Maart 2022.

Die Namakwa Sportraad, wat die sportfederasies in die Namakwa-distriksmunisipaliteit verteenwoordig, het ‘n voertuig ontvang om vervoer oor hierdie distrik te vergemaklik. Die voertuig is deur die Kangnas-windkragaanleg befonds ter ondersteuning van die plaaslike sportsoorte in die Nababeep-gemeenskap.

“Ons sien die waarde van sport in die Namakwa-gemeenskap omdat dit bydra tot die maatskaplike ontwikkeling en opheffing van mense in ons gemeenskappe. Dit bied ook ‘n verskeidenheid loopbaangeleenthede vir die jeug en die breër gemeenskap,” sê Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by die Kangnas-windkragaanleg.

Sport is een van die mees konstruktiewe aktiwiteite waaraan kinders tydens hul vormingsjare kan deelneem. Die distrik het voorheen baie uitdagings in die gesig gestaar weens die gebrek aan betroubare vervoer en die hoë koste om na sportbyeenkomste te reis. Gevolglik sal hierdie voertuig help om spelers, skeidsregters, beamptes, afrigters en sporttoerusting na spesifieke plekke te vervoer.

“Ons neem aan sportbyeenkomste regoor die distrik deel. Ons distrik is baie groot en die plekke is wyd verspreid. Om ‘n voertuig van ons eie te hê, help regtig, aangesien ons nie meer vervoer hoef te huur nie,” sê Bernie Philander, tesourier van Namakwa Sportraad.