Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

SPRINGBOK AGRI-ENTREPRENEURS BAAT UIT ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Junie 2021.

’n Samewerkingsinisiatief in die Nama Khoi-gebied help om die impak van stygende pryse van basiese voedselitems te versag deur ondersteuning aan ondernemings in die plaaslike landbou-ekonomie te bied. Die program stel befondsing, sake-ondersteuning en toerusting aan plaaslike KMMO’s beskikbaar om produksie te bevorder.

Die inisiatief volg in reaksie op ’n onlangse huishoudelike bekostigbaarheidstudie wat toon dat inwoners in die Noord-Kaap, veral in Springbok, sukkel om selfs ’n basiese voedselmandjie te bekostig. Die studie toon dat basiese voedsel in die Noord-Kaap meer as in Durban, Pietermaritzburg of Kaapstad kos.

“Landbou is een van die belangrikste sektore in die ekonomie van Namakwaland. Weens die uitgerekte droogte, asook die impak van die Covid-19-pandemie, sukkel ontluikende boere om hul ondernemings uit te brei,” verduidelik Cheryl Persensie, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by die Kangnas-windkragaanleg.

Die agri-veldtog, is deur die Kangnas-windkragaanleg in samewerkingmet Radio NFM, die Kleinsake Ontwikkelingsagentskap (SEDA) en die Step-Up-stigting gedryf.

Twee plaaslike ondernemings, Saclova General Services (Edms.) Bpk. en Rooipoort Saal Boerdery (Edms.) Bpk., is gekies om finansiële en ander hulp oor ’n tydperk van 12 maande te ontvang. Die ondernemings sal befondsing van die Kangnas-windkragaanleg ontvang as deel van die windkragaanleg se ondernemingsontwikkelingsinisiatief.

“Ons mik vir sukses en wil graag terugploeg in ons gemeenskap. Ons wil diensbaar wees en ’n verskil in ons plaaslike boere se lewens maak,” së Arenda Saal, direkteur van Saclova. Die onderneming het planne om werksgeleenthede te skep, landbouproduksie te versnel en om plaaslike boere te help om hul eie voergewasse te plant.