Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

WI-FI BEVORDER ONDERRIG BY NAMA KHOI HOËRSKOLE

April 2021.

As deel van die Kangnas-windkragaanleg se projek om digitale tegnologie aan skole in die Nama Khoi-gebied beskikbaar te stel sal die windkragaanleg die installering van Wi-Fi netwerke en konnektiwiteit befonds. Die windkragaanleg het onlangs ook elektroniese slimborde aan hierdie skole beskikbaar gestel met die doel om ongelykhede wat deur leerlinge van landelike gemeenskappe ervaar word reg te stel.

“Toegang tot inligting en digitale platvorms sal die kwaliteit van onderrig op verskeie maniere verbeter. Dit ontsluit ’n magdom inligting, kennis en opvoedkundige hulpbronne, wat geleenthede om binne en buite die klaskamer te leer vermeerder. Onderwysers gebruik aanlynmateriaal om lesse voor te berei, terwyl dit ook die maniere wat kinders leer verbreed. Interaktiewe onderrigmetodes wat met behulp van die internet gebruik word, stel onderwysers in staat om meer aandag aan individuele studente se behoeftes te gee en ondersteun gedeelde leer. Verder help internettoegang onderwysadministrateurs om kostes te verlaag en die gehalte van dienste by skole te verbeter,” het Cheryl Persensie, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by Kangnas Wind Farm, verduidelik.

Skole wat uit die projek baat sluit St Anna High School; Nababeep Hoërskool; SA Van Wyk Hoërskool; Concordia Hoërskool en Okiep Hoërskool in.

Juanita Cloete, waarnemende hoof van Okiep Hoërskool, het namens die skool se bestuur en personeel waardering vir die hulp uitgespreek. “Die Wi-Fi sal help om die kwaliteit van leer en onderrig te verbeter. “Dit stel ons skool in ’n posisie om leerstrategieë te ontwikkel en te verbeter, sodat ons die verstand van ons leerlinge kan ontwikkel,” sê Cloete.