Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

WINDKRAGAANLEG ONDERSTEUN PLAASLIKE GESONDHEIDSEKTOR

Oktober 2020.

Die Kangnas-windkragaanleg het persoonlike beskermende toerusting en twee suurstofmasjiene aan die Dr. Van Niekerk-hospitaal in Springbok, geskenk. Die toerusting sal die hospitaal help om COVID-19-pasiënte te behandel en kan selfs ná die pandemie benut word om pasiënte te behandel.

“Dokters in Suid-Afrika en regoor die wêreld sien positiewe resultate met die gebruik van hierdie hoëvloei-nasale-suurstofmasjiene, wat meer doeltreffend as die meganiese ventilators is. Dit is waarom ons besluit het om hierdie toerusting te befonds,” sê Cheryl Persensie, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by die Kangnas-windkragaanleg.

Die bykomende voordeel van hierdie suurstofmasjiene is dat dit nie alleenlik in die hoësorgeenheid gebruik kan word nie, maar ook vir pasiënte in die akute beddens en vir verskeie ander behandelings gebruik kan word, selfs wanneer die COVID 19-pandemie verby is.

Die suurstofmasjiene en persoonlike beskermende toerusting (wat 180 oorpakke, 4000 weggooibare voorskote en 1200 pare weggooibare handskoene insluit) is deur die windkragaanleg befonds om die Dr. Van Niekerk-hospitaal in Springbok te help om gesondheidsdienste aan die plaaslike gemeenskap te verbeter.

Dr. Grootboom, uitvoerende hoof van die Dr. Van Niekerk-hospitaal in Springbok, sê: “Die verpleegsters, dokters en bestuur van die dr. Van Niekerk-hospitaal wil graag die Kangnas-windkragaanleg vir die skenking bedank. Dit sal ons in ons oorlog teen die Koronavirus versterk.”