Contact us
MENU

61

turbines installed and connected to the grid

168m

height of wind turbines

AUGUST 2020

Construction Completed

154 625

homes to be powered
Wind Turbine Facts
FAQs

WINDKRAGAANLEG VAN SPRINGBOK BEGIN MET KOMMERSIËLE BEDRYWIGHEDE

November 2020.

Die Kangnas-windkragaanleg het pas met kommersiële bedrywighede begin. Dit maak van dié windkragaanleg die eerste bodfase vier windkragaanleg in die Noord-Kaap om as deel van die regering se program vir die verkryging van onafhanklike vervaardigers van hernubare energie in werking gestel te word.

Die windkragaanleg is buite Springbok geleë en sal genoeg skoon energie opwek om krag aan sowat 154 625 gemiddelde Suid-Afrikaanse huishoudings te voorsien. Die windkragaanleg sal elke jaar sowat 513 GWh hernubare energie opwek gedurende sy geraamde lewensduur van 20 jaar.

Die windkragaanleg is deur ‘n trots Suid-Afrikaanse span gebou met meeste van die arbeidsmag wat uit die Nama Khoi-munisipaliteit verkry is. Die massiewe 14OMW-windkragprojek beskik oor een en sestig turbines en is een van twaalf windkragaanlegte wat tydens hierdie verkrygingsperiode gebou is.

“Hierdie nuwe windkragprojekte sal gesamentlik help om die land se opwekkingskapasiteit met 1.3 GW te verbeter in ’n tyd wat meer energie benodig word om Suid-Afrika tydens die post-COVID-era te herbou,” sê Manie Kotzé, konstuksiebestuurder van die Kangnas-windkragaanleg.

Met industrieneigings en die department van energie se vereistes vir plaaslike inhoud as riglyne, het ons baie hoë vlakke van plaaslike inhoud behaal, wat 45% oorskry het. Dit sluit in plaaslik vervaardigde torings vir die turbines, sowel as die projek se mega-transformator, wat ook plaaslik vervaardig is. Dit het gehelp om die vraag na plaaslike vervaardigers te verhoog aangesien hierdie items voorheen van oorsee af ingevoer is.

Die gemeenskappe van Nababeep, Springbok, Concordia, Matjieskloof, Bergsig, Okiep en Carolusberg sal gedurende die kommersiële fase direk uit ontwikkelingsprogramme baat wat daarop gemik is om veerkragtigheid en plaaslike kapasiteit te verbeter. Verskeie van hierdie ontwikkelingsprogramme is reeds tydens die konstruksiefase uitgerol. Tot op hede is studiebeurse aan studente van die plaaslike gemeenskap toegeken, maatskaplike- en COVID-19-verligtingshulp gebied, vroeëkinderontwikkelingsinisiatiewe befonds en suurstofmasjiene aan ’n plaaslike gesondheidsorgsentrum in Springbok geskenk.

“Soos ons die nuwe fase betree is ons bly om te sien hoe talle van ons ontwikkelingsprogramme reeds ’n verskil gemaak het. Hierdie programme help om sosio-ekonomiese ontwikkeling,, sowel as die ontwikkeling van plaaslike ondernemings te weeg te bring en bied ondersteuning aan plaaslike gemeenskappe,” sê Kotzé.